DictionaryForumContacts

 Sjoe! moderator

1 2 all

link 26.11.2007 14:05 
Subject: Niks nuut onder die son nie afr.

 Sjoe! moderator

link 27.11.2007 10:57 
Samuel:

Michelle Rabie het geskryf:
> Dit is inderdaad jammer dat Wilna besluit om ons te verlaat – dit help
> baie om iemand met soveel kennis se raad te lees, selfs al is dit nie
> van toepassing op enige vertaling waarmee ek tans besig is nie – en ’n
> mens leer tog nuwe dinge, veral ‘n groentjie soos ek.

Esme het ons ook verlaat. Dalk my fout? Sal nie weet nie...
Groete
Samuel

Werner:

Beste Kobus
Daar is mos 'n gesegde: "Daar is slegs een beroep waar mens van bo-af ondertoe vorder, en dis 'n grafgrawer."
Dus is dit baie nuttig vir studente, wat nog hul pad boontoe moet baan, om te kan deelneem aan gesprekke, vrae te stel, hopelik hul kennis te deel, alles in die geselskap van mense wat in die bedryf staan.

Hopelik sal hulle ook waarneem wat die positiewe aspekte is waarop hulle moet konsentreer as lid van 'n gespreksgroep (kodewoord: netiket) en ook waarop hulle behoort te let wat vermy kan/mag/moet word, soos waaroor dit ongelukkig in die konteks van hierdie gesprek gaan.
Groetnis werner

Samuel:

Kobus Marais het geskryf:

> Ek het tot dusver studente aangemoedig om by
> Zalang aan te sluit omdat ek dit as 'n uiters goeie leerskool beskou
> vir ouens wat met vertaalwerk begin. Ek weet die gevaar is dat hulle
> vrae sal vra wat irriterend is en daarom wil ek graag 'n eerlike
> mening van lyslede h. As julle so voel, staak ek die praktyk om
> hulle by Zalang te laat aansluit.

Nee, ek het geen beswaar teen studente wat aansluit nie. Daar is die gevaar dat die student 'lui' vrae of 'voor die hand liggende' vrae sal vra, maar tot dusver het dit weinig gebeur, en as dit ooit sou gebeur, dan kan 'n mens mos maar net die persoon na 'n ruk begin ignoreer.

Hoe voel die res van julle hieroor?
Samuel

Jackie:

In in die geval van studente kan Kobus hulle ook selfs voor hulle aansluit, inlig oor presies HOE om vrae te vra. En, as hulle dan nog *oortree* kan Kobus hulle selfs buite die groep ook reghelp. Hoe anders gaan hulle tog leer? Ek is dus ten gunste van studente wat vrae vra. Ons is hier om hulle reg te help en sodoende te help om vaardige ZaLangers te word. Ek kan net verwag dat iemand *korrek* sal volg as ek die persoon help en lei.

Irene Dippenaar:

Miskien kan 'n beginner-vertaler of student net sy/haar 'status' vermeld in die eerste sin voor die navraag. Dan sal standaard naslaanwerke wat nie geraadpleeg is nie, ook nie hinder nie.

Hester:

Dis nogals iets wat waarde sou toevoeg tot die lys, dink ek - as mense wat nuut aansluit, voorgestel word. Bv. "Lyslede, verwerlkom asb Sannie Taalboffin. Dis wat sy oor haarself te se het..." Ons doen dit op 'n ander lys waartoe ek behoort (nie ergerlike, oorwerkte taalpraktisyns nie...) en dis wonderlik watter verskil dit maak as 'n mens bietjie weet van die nuweling. Nou sluit mense stilletjies aan en dikwels weet ons g'n niks van hulle tot die noodsaaklike "dom" vrae begin inkom nie. Dan kan mens darem begrip daarvoor he.

Verder stem ek saam met Werner oor die ouer garde wat hulle so besondig; en ek't self al in die slaggat getrap onder werkdruk en skone moegheid! Dis einde van die jaar...

Michelle:

Samuel,
Ek is bly om te sien jou selfbeeld kort geen werk nie. As jy lus voel om verantwoordelikheid te neem vir mense besluite, gaan ek beslis my
besluit om onnodig geld te spandeer en te veel te eet ook op jou pak...

Al hoe jy sal weet of dit jou fout is, is om te vra.

 

You need to be logged in to post in the forum

Get short URL | Pages 1 2 all