Muehlenberg, Шмюленберг… Прецендент уже таки бил. В 1685-м годе Луй Каторз отменил таки дедушкин Нантский эдикт. И шо ви думаете? Ехать таки надо! В Голландию. Где стали лёгкой добычей вербовщиков Объединенной Ост-Индской компании, искавших кадры для поселения на Доброй Надежде. И шо ви думаете? Die geledere van die vryburgers is in 1688 versterk deur die koms van die Franse Hugenote. In 1690 was daar 150 Hugenote aan die Kaap, teenoor 794 ander Europeane. Hulle getalle was, volgens D.B. Bosman, dus te klein om veel invloed uit te oefen: .. veral as ons in aanmerking neem dat hulle in Suid-Afrika as vlugtelinge aangekom het en dus nie op te veel regte aanspraak kon maak nie; dat baie van die Hugenote al ’n tyd in Holland gewoon het voor hulle emigrasie na Suid-Afrika en dus al ’n seker kennis van Nederlands moes gehad het; dat hulle taal nie simpatiek behandel is deur die outoriteite aan die Kaap nie, sodat Frans na 50 jaar so goed as aan’t uitsterwe was.” Die Franse taal en kultuur het dus baie gou verdwyn, aangesien goewerneur Simon van der Stel toegesien het dat die Franse nie ’n afsonderlike gemeenskap vorm nie, maar by die Nederlandssprekende groep ingeskakel word. Die Franse kerklike en kulturele lewe is aanvanklik in stand gehou deur die predikant Pierre Simond en die onderwyser Paul Roux. In 1689 het die Hugenote ’n afvaardiging onder die leiding van Simond na die goewerneur gestuur om te vra vir ’n eie gemeente en kerkraad. Van der Stel het hulle baie onsimpatiek aangehoor en selfs gepraat van “gewaande vlugtelinge” wat onder die skyn van geloofsdwang uit Frankryk padgegee het om onder die dekmantel van yweraars vir die Protestantse geloof ’n lui en gemaksugtige lewe aan die Kaap te kom lei! Van der Stel se opdraggewers in Nederland, die Here XVII, was meer tegemoetkomend en het in 1690 laat weet dat die Hugenote ’n eie kerklike gemeente kon kry, op voorwaarde dat die kerkraad sover as moontlik tweetalig moet wees. Die Stellenbosse en Drakensteinse “meesters” moes die Nederlandse en Franse kinders saam onderrig, en hulle moes sorg dat “die kinderen van fransche ouders gebooren voor alle de Nederduytsche tale te doen leeren, lesen en verstaen, om door dat middel onse natie te meer te werden ingelijfl”. Hierdie beleid van geleidelike vemederlandsing is in 1701 egter herroep. In daardie jaar verbied die Here XVII die gebruik van Frans in die kerk en op skool, selfs al kon twee derdes van die Drakensteinse gemeente nog nie n preek in Nederlands volg nie. 1701 was ook die jaar waarin ds. Pierre Simond na Europa teruggekeer het, en daar was niemand met dieselfde ontwikkelingspeil en geestelike vermoëns wat hom kon opvolg nie. Agt jaar later kry die kerkraad die opdrag dat alle briewe aan die owerheid in die vervolg in Nederlands moet wees. En daarmee, sê dr. Elizabeth Conradie, is "... die eerste ongelyke taalstryd op Afrikaanse bodem afgeloop”. (Из моего конспекта по истории taalstryde в Южной Африке).
|